In die laat 70’s kom die Witbulle naam tot stand. Geliefd onder vele, gevrees deur nog meer! Die foto is geneem in 1980 gedurende die finaal tussen Monnas en Hugenote op die Pam Brink stadion. Die banier word gedra deur Warren Holtzhausen (Regs) en Christo Nel (Links). Warren en sy pa Oom Errol, het die banier Saterdag oggend voor die wedstryd aan mekaar geslaan op hulle motorhuis vloer. Die Tannie het een van haar wit lakens “donate for a good cause”!
