Ons deel graag met U die klok-tradisie wat in 2005 ingestel is as ‘n nuwe tradisie saam met die oprigting van die replika Paardekraal Monument op ons gronde. Die klok wat aan die Monument hang word 5-keer gelui as simbool van elke jaar van HoĆ«rskool lewe en vind plaas elke jaar op die skool se verjaarsdag, as enige personneellid of skoolkind aan die dood afgestaan word terwyl hulle op Monnas is, so ook wanneer die St. 6’e deur die hekkie stap en die graad 12’s vir die laaste keer deur die hekkie stap. Kyk gerus die video, verhaal deur ons geliefde Juffrou Este Pienaar!