Die ou manne kan nog! Namens die Witbul Old Boys komitee wil ons vir elke man dankie se vir sy teenwoordigheid en support gisteraand by die ken-mekaar-kuier. Die opkoms was fantasties en ons het so rondom 60 manne gedraai in totaal. As jy rugby gespeel het vir Monnas, of dit nou een wedstryd in die o/14 C of 6de span was, wil ons jou graag deel he van die Witbul Old Boys klub. As jy enige navrae het oor die aansluiting en deel word kontak gerus een van ons komitee lede of los vir ons ‘n comment in die video. Second to None!