
Alhoewel die Witbul Old Boys klub eers in 2020 offisieel sy herlewing ondergaan het, is die geskiedenis van die klub amper so oud soos Monnas self. In 1931 is die eerste Monnas Old Boys klub tot stigting gebring, Mnr. Brink die voorsitter. In die eerste bestaansjaar en vele daarna, wen die Old Boys reeds die A-liga rugby. Ook word in die argiewe aangemeld dat die Old Boys instumenteel was in die oprigting van die eerste voetbal veld in 1936, op die nuwe Monnas terrein. Vir die behoud van tradisie het die Witbul Old Boys klub ook dieselfde wittrui met die strepe behou as deel van ons uitrusting. Dankie vir elke Oud-Monumentaar wat terug ploeg in ons geliefde skool en die tradisie van onbaatsugtige gee, voortsit!