Click gerus op die JAARBLAD KOPIE link hieronder om ‘n PDF weergawe af te laai.

‘n Belangrike deel van die konstitusie van die Witbul Old Boys klub is die behoud van die skool se tradisies en geskiedenis, ‘n mandaat wat ons met erns na jaag.
Dus was die oproep wat ons gekry het vanaf Mariette Van Heerden, wat in besit is van hierdie gedenk-uitgawe van die jare 1921 -1942 van ons geliefde skool, goud werd! Dit gee ons ‘n terug blik in die verlede, geskryf deur die Monumentare van daardie tyd, oor die geskiedenis en ontstaan van ons skool en sy tradisies, die politieke klimaat van die dag en hoe Monnas moes veg vir bestaansreg. Fotos van die 1ste Monnas klas, gedigte en skryfstukke van die kinders van daai jare, inhuldigings, besighede wat Monnas ondersteun het daai tyd, hoe sport en rugby sy plek in Monnas opgeneem het, ‘n ware tyd kapsule van Monnas se mondig-wording die 1ste 21 jaar. ‘n Groot dank vir die skenking aan die skool vanaf die Burger familie wat ‘n ryk geskiedenis in Monnas het. Mariette, self ‘n oud-Monumentaar en kleindogter van Andries Burger wie se boek die was, deel hierdie geskiedenis van haar familie as Monumentare.
My oupa, Andries Burger, 1942 Matriek, speel eerste span rugby (Jaar voor die vir Grey gespeel!!!)
1946 – Mart Burger Matriek
1968 – My pa, Jan Combrinck Matriek, speel eerste span rugby.
1968 – My ma, Miti Combrinck (Burger) Matriek – Leerlingraad.
1968 – Reitz Burger, Matriek
1970 – Wouter Burger – Matriek, hoofseun, eerste span rugby. Trou met Ina Mammas, Matriek 1973
1973 – Christa Jordaan (Burger) Matriek, hoofdogter
1979 – Tessa Malan (Burger) Matriek
1997 – Johan Combrinck, Matriek, onderhoofseun.
1999 – Mariette van Heerden (Combrinck) Matriek, Leerlingraad.
2003 – Andries Combrinck Matriek, Leerlingraad.
As daar enige Oud-Monumentare is wat geskiedkundige items van Monnas het en dit vir die skool wil skenk, dit word opreg waardeer!