Ons wil vir Witbul Old Boy, Sam Krynauw, ongelooflik dankie se vir die opgradering van die seuns en dogters badkamers by Monnas. Instede van net fondse skenk wou Sam graag persoonlik betrokke wees by ‘n projek wat investeer in Monnas se fasiliteite, wat elke huidige Monumentaar en die wat volg kan benut en voordeel van trek. So bietjie meer geskiedenis oor Sam. Hy was in 1995 Hoofseun by Monnas. Ongelooflike sportman, 1ste span krieketspeler en gevaarlike skrumskakel en kaptein. Verder was Sam ‘n top akademiese student en was ook by vele kultuur aktiwiteite betrokke. ‘n Ware Monumentaar soos Juffrou Este sou se. Dankie vir jou liefde vir ons skool en vir ons kinders Sam! Second To None!