
Baie geluk aan ons 1ste Monnas Krieketspan met Mnr. Donavan Kroet aan stuur, wat uitgenooi is na die Wildeklawer toernooi volgende jaar in Kimberley! Net die beste skole word genooi om te kompeteer op die toernooi.
Die nuwe rotstuin by die krieket klubhuis lyk ook pragtig! Die grondstaf Isaac en Jabu saam met Deirdre Prinsloo het die tuin gemaak, die kunswerk geskenk deur die Herbst familie.