Daar is destyds van die ROOI geboue gepraat (die eerste skoolgeboue wat in 1935 ingewy is en in die 80’s tot Nasionale Monument verklaar is) en die BLOU geboue wat toe in die 50’s bygekom het. ‘n Destydse kultuur onderwyser, Mnr. Jan Cronje, bekend vir sy SAUK radiowerk het van die teatertjie Die Glaskas gepraat en Mnr. HP Hamman, wat Afrikaans gegee het, en ook n bekende in SAUK vervolgverhale was, het gesorg dat alle tale onderwysers in die lettere gebou klas gegee het. Dit was egter Mnr. Ras van Rooyen wat die name; GLASKAS en LETTERE GEBOU amptelik gemaak het en so het die name permanent geword in die sewentiger jare. Dankie Juffrou Este Pienaar vir die stukkie geskeidenis met ons deel!