Witbul Old Boys
Lofrede
As jongman stap jy in so on-uniek en onverkoosd,
deur die enigste enkele hek wat jou onsekerheid verbroos.
En jy ontmoet tientalle man wat die stryd saam jou aanse,
wat verstaan wat dit beteken om die wittrui lief te he.
Ons durf tot daad en lewe sal geen weerstand ooit verwoes,
maar gebuk by taaie aarbeid sal ons liewer slyt as roes.
Maar slyt is onoorkombaar in ons lewens se verhaal.
Jou wittrui nou die wit kleed wanneer Hy jou hier kom haal.
Die Monument op jou trui is nou die grafsteen met jou naam.Maar self in die hiernamaals gaan die Witbul trots nog saam.“Oh when the whites” dreun ritmies soos jy jou laaste draf aanvat,deur die gangetjie tussen broers elkeen met sy hand op hart!
– geskryf deur Tina Van der Berg
2023
GUSTAV OTTO
Dit is met groot hartseer dat ons verneem van Gustav Otto se afsterwe.Ons medelye aan sy familie en vriende in hierdie moeilike tyd.
Gustav het in 1997 vir Monnas as skrummie uitgedraf, hy was ook in die jaar Monnas se Witbul kaptein. Hy het ook in 1996/1997 Cravenweek gespeel.
SECOND TO NONE!!

MANIE VAN DEN BERG
Ons bring eer aan Mnr. Manie Van den Berg wat vandag tot ruste gele word. Hieronder deel ons slegs ‘n bitter klein stukkie van sy Monnas geskiedenis en lewe, want as ons moet uitbrei oor wat hy in sy leerders, familie en vriende se lewens gesaai het sal ons ‘n boek moet skryf. Ons medelye gaan uit aan Juffrou Welmie Van den Berg, sy seun Divan en dogter Lezanne en hulle familie. Ons groet jou Witbul Old Boy, Monumentaar, onderwyser, coach en vader figuur. SECOND TO NONE!

2022
CHRIS FAURE
Ons innige simpatie aan die Faure-familie met die afsterwe van Chris Faure, Donderdag 10 Maart 2022. Hy was ‘n ware legend wat diep spore getrap het in die harte van die mense wie hom geken het. Chris het in 1972 uitgedraf as kaptein van die Witbulle en was ook die eerste Monumentaar wat vir die SA o/21 Oribis span uitgedraf het. Hy het ook Cravenweek rugby gespeel en in later jare ook Tuks 1stes. Hy het Noord Transvaal sowel as Natal in die Currie Beker verteenwoordig tussen 1977 en 1984. Sekerlik een van sy trotste oomblikke op die rugbyveld het hy twee toetse vir die Wereldspan teen die Springbokke gespeel! Ons wil namens die Witbul Old Boys en Monnas dankie se vir sy liefde en diens aan ons skool en vir die voorbeeld wat hy vir ons gestel het. Eenmaal ‘n Monumentaar, Altyd ‘n Monumentaar.

2021
Morne Morras Kruger
Vandag het ons ‘n groot Monnas en Witbul gees gegroet. Morne Kruger, Morras, ons sal jou altyd onthou en mis! Tot ons weer sien mato!
2020
CHRISTO MEYER
Dis met leedwese dat Hoërskool Monument van Mnr Christo Meyer, oud-Monumentaar, hoofseun 1958, se afsterwe verneem. Hy was ‘n uitstaande atleet, geliefde adjunk-hoof, welbekende veral in rugby kringe, Witbul afrigter, en sy heengaan laat n groot leemte .Ons innige simpatie aan sy eggenote en familie. Eenmaal ‘n Monumentaar, altyd ‘n Monumentaar.
RIV Mnr Meyer.

2019
Attie Naude
Een ding van Attie, die man het heel eerste in die ry gestaan toe die Here ball skills uitgedeel het! Maak nie saak wat Attie aan gevat het nie, hy was uitstekend daarin. Hy het Monnas op amper elke veld verteenwoordig. ‘n Ongelooflike krieketspeler, ‘n tennis speler van formaat, golf, atletiek, 1ste span Witbul speler sowel as vir Transvaal. Hy het so te se elke jaar sportman van die jaar gevat, ‘n ongelooflike prestasie by ‘n skool soos Monnas. Maar meer as dit was hy ‘n lojale vriend, nederig en sag geaard, ‘n man se man. Hy was ons broer, ons het op gekyk na hom, hy is Attie en ons gaan hom ongelooflik mis.