Vir die eerste keer in dekades het ons by Monnas weer ‘n 6de senior rugby span die jaar. Dit is ‘n testament van die hudige coaching staf en betrokkennes se harde werk en investering in ons seuns en ons rugby kultuur as ‘n geheel!
As Witbul Old Boys klub is deel van ons konstitusie die behoud van ons geskiedenis en tradisies, so dit is belangrik dat ons die korrekte informasie bewaar.
Dank gaan aan Mnr. Hans Coetzee (Voormalige Witbul Coach) en Old Boy Oom Blikkies Blignaut (1974 Witbul Kaptien) vir die korrekte informasie en behoud van ons rugby geskiedenis by Monnas aangaande die senior spanne.
In die 70’s het Monnas tot ‘n 8ste senior span in die veld gestoot! Die skool was daardie tyd baie groot met baie seuns en meeste van die Wesrandse groter skole het toe nog nie bestaan nie. Die 5de span se naam was Army, die 6des Navy, die 7de span die Airforce en die 8ste span het bekend gestaan as die Elite. Laas genoemde span het slegs uit matriek seuns bestaan. Mnr. Ras Van Rooyen het op die skoolgronde rond beweeg en matriek seuns wat ledig of stout was in die span gesit as “boetedoening”. As Witbul word dit by jou in gedril dat jy altyd nederig moet wees en moet dink aan die wat voor jou die Wittrui aangetrek het.
Groot dank gaan aan die wat voor ons gekom het en die fondasie gele het vir Monnas rugby tradisie en liefde, en ook vir die wat dit vandag nog voortsit!