Ons weet julle jong bulletjies sien uit na die rugby seisoen van 2024! Monnas se Witbul Old Boys is trots om ons eerste rugby klinieke aan te bied en julle aan die gang te kry in die voor-seisoen!

Klinieke vind plaas elke Vrydag tussen 15:00 – 18:00 vanaf 26 Januarie tot 23 Februarie op Monnas se tuisveld, Die Ras. Alle ouderdomme tussen 6 – 13 jaar oud is welkom, elke ouderdomsgroep sal in sy eie groepie werk.

Klinieke is GRATIS!

Elke speler ontvang ‘n oefen T-hemp.

Van Monnas se Springbokke en Provinsiale URC spelers sal teenwoordig wees om met die kinders te werk, sowel as ons 1ste Span afrigter Tjaart Van der Walt en van ons Witbulle.

Datums van Klinieke:

26 Januarie, 2 Februarie, 9 Februarie, 16 Februarie, 23 Februarie

6 – 7 Jaar: 15:00 – 16:00 

8 – 10 Jaar: 16:00 – 17:00

11 – 13 Jaar: 17:00 – 18:00

Om jou kind se plek te reserveer, registreer asb. hieronder:

6 + 6 =